FRONT PAGE

LETTERS  / NEWS

IMMIGRATING

PROPERTY  / BITS

PROFILE... 

HEART  BEAT

 INFO/LINKS/FOOD

TIPS  / CONTACT US



******SMOOTH TALKER / LEKKERBEK NOVEMBER 2002 ISSUE / UITGAWE******



21446
INTRODUCTION
INLEIDING




SMOOTH TALKER was created in Toronto for South Africans now living in Canada or planning to move abroad as well as for their friends and family all over the world. Articles, stories, news & views, advertising, poetry, letters - all contributions are welcome. LEKKERBEK is ook spesiaal vir alle lekkerbekke wat van Afrikaans hou! LEKKERBEK bied 'n paar uitgesoekte Afrikaanse skakels aan onder meer na Berlyn, Sydney, New York en moeder Suid-Afrika.



***ONS KAN MAAR OPHOU...
Die dag toe Madiba uit die tronk stap, was daar seker min Afrikaners wat nie vasgeplak voor hul televisiestelle sit en kyk het nie. Hoeveel van ons het gesit en wag vir grootskaalse wraak, burgeroorlog, verwoesting en vervolging van ons taal en kultuur? Van die verwagte katastrofe het toe nie veel gekom nie, of ten minste, nog nie tot dusver nie. Vir meeste van ons gaan die lewe voort soos altyd. En tog is alles nie presies soos dit was nie. Die dae van bevoorregting is verby. Jy kan nie meer net aanvaar dat die amptenaar agter die toonbank jou taal praat of selfs verstaan nie. Teen wil en dank is ons nou almal gelyk. Vir vele Afrikaners is dit 'n moeilike aanpassing. Dit is moeilik om te voel dat ons taal en kultuur nie net geïgnoreer word nie, maar selfs aktief ontmoedig en onderdruk word. Afrikaans mag dalk net een van elf amptelike tale wees, maar dit is immers 'n AMPTELIKE taal, so waarom kan ek nie daarin bedien word by die plaaslike munisipaliteit nie?

Interessant genoeg is dit ook nie net Afrikaners wat hieroor kla nie. Al die land se inheemse tale word toenemend deur Engels verplaas in beide die openbare- en privaatsektore. Is dit dalk tyd vir 'n taalrebellie?

'n Oordrewe aandrang op Afrikaans is nie net onrealisties nie, maar op die lang termyn dalk selfs teenproduktief omdat dit Afrikaners soos 'n klomp gedagtelose fasciste laat lyk. Ten tweede het regeringsbeleid boonop maar min effek op die lot van tale en volke. Gedurende die twintigste eeu het Engels onteenseglik die wêreld se lingua franca geword, of ons nou daarvan hou of nie. In 'n veeltalige wêreld is dit eenvoudig nie realisties om te verwag dat almal in hulle moedertaal bedien kan word waar hulle nou ook al is nie. Ons kan nie verwag dat alle amptenare al elf tale magtig moet wees nie. Dit beteken dat as ons in Afrikaans bedien wil word in 'n gebied waar omtrent niemand die taal magtig is nie, dan moet ons nou maar wag tot hulle iemand kan opspoor wat ons taal kan praat. Om daaroor te kla sal nie help nie: die realiteit steur hom nooit aan menslike beginsels soos "regverdigheid" nie. Die eenvoudige, vinnige en vaartbelynde alternatief is dat ons almal Engels leer.

Dit is immers wat die res van die wêreld reeds gedoen het, of baie entoesiasties besig is om te doen. Ons kan heelwat leer uit Europa se ervaring in hierdie verband: hulle het immers ook nou een groot land geword, met 'n hele boel verskillende tale. In Europa is daar omtrent nie 'n siel oor wat nie heel vlot is in Engels nie. As 'n Italianer en 'n Deen mekaar raakloop, is die kanse goed dat hulle in Engels sal kommunikeer. Multinasionale Europese maatskappye doen dikwels al hulle besigheid in Engels, selfs wanneer omtrent geen van hul werknemers Engelsprekend is nie.

Beteken dit dat die verskeidenheid van Europe se tale en kulture nou gaan uitsterf? Te betwyfeld. Inteendeel, hulle het miskien juis meer kultuurvas geraak, ten spyte van die vele Engelse woorde wat hulle pad in Europese tale ingevind het.

Wat van regeringsbeleid in Suid-Afrika? Is dit anti-Afrikaans? Gaan die afskaling van Afrikaans in openbare instansies nie vroeër of later die taal doodsmoor nie? Nie noodwendig nie.

In sy boek "Mother Tongue: The English Language" skryf Bill Bryson:"All the evidence suggests that minority languages shrink or thrive at their own ineluctable rate. It seems not to matter greatly whether governments suppress them brutally or support them lavishly." Hy ondersteun die stelling met verskeie voorbeelde. In Ierland het die Ierse regering nou al baie jare 'n beleid om die inheemse Keltiese taal (in Engels bekend as "Gaelic") te bevorder. Dit is die land se amptelike taal, dit word as verpligte skoolvak aangebied, dokumente word daarin geskryf, dit verskyn in plekname en op padtekens, en mens sou dink dat dit net 'n kwessie van tyd is voor die Iere almal weer Kelte is. Maar die grootse program het geen effek gehad nie. Kelties is onstuitbaar aan die verdwyn, en net 'n baie klein minderheid van die land se bevolking praat dit nog as eerste taal.

Net anderkant die Ierse see is Skotland, waar 'n variant van Kelties ook nog gepraat word. In Skotland bied die regering die taal feitlik geen beskerming of ondersteuning nie. Tog is Skotse Kelties aan die gedy, en die hoeveelheid sprekers is selfs besig om toe te neem. En ten spyte daarvan dat net twee of drie persent van Skotland se mense Keltiessprekend is, kan taalkundiges duidelike tekens van 'n Keltiese invloed bespeur in die woordeskat en grammatika van die Engels wat in Skotland gepraat word.

Dieselfde storie speel hom af in ander tale. Die Baskiese taal en kultuur van Noord-Spanje word tot vandag toe nog stief behandel, maar toon geen tekens van uitsterwing nie. Vir Afrikaners wat vertroud is met die Britse onderdrukking van Afrikaans na die Anglo-Boere-oorlog, behoort die geskiedenis van die Walliese taal heel bekend te klink. Tot ongeveer 1900 was Wallies ("Welsh" in Engels) feitlik verbode in Brittanje: dit was verbode in skole, howe en vele werkplekke. Kinders wat op skool uitgevang is dat hulle Wallies praat, is aan allerlei vernederende strawwe onderwerp. Deur almal behalwe die Walliesers self, is die taal beskou as 'n agterlike en veragtelike kombuistaal. Maar in plaas van uitsterf, het Wallies van krag tot krag gegaan. Gedurende die twintigste eeu het die Walliesers uiteindelik hul geduld met die regering verloor, en na 'n lang veldtog van vandalisme het die taal amptelik erkenning gekry, en word dit vandag deur die Britse regering gesubsidieer. Maar dit is duidelik dat dit nie die subsidies is wat die taal aan die gang gehou het nie, maar sy sprekers.

Gedurende die lange jare van patriargale regering het Afrikaners in Suid-Afrika gïnstitusionaliseer geraak. Met elke probleempie wat opduik, is ons eerste instink om na die regering te kyk vir hulp. Ons kan maar ophou kyk, want daar gaan nie meer hulp uit daardie oord kom nie. Veral nie vir die duisende van ons mense wat deesdae buite Suid-Afrika woon nie! Maar waarvoor wag ons in elk geval? 'n Taal word nie deur 'n regering aan die gang gehou nie. Nie eers as die regering probeer nie. 'n Taal word wel in die monde en penne (deesdae sleuterborde!) van sy sprekers aan de gang gehou. Solank ons Afrikaans praat, lees en skryf, het ons niks om ons oor te bekommer nie. Selfs 'n nederige en informele webpublikasie soos LEKKERBEK doen dalk meer vir die toekoms van ons taal as enige hoeveelheid wette, parlementêre taalkomitees of politieke plakkaatswaaiery.
*Brian van der Spuy, Sandton, Suid-Afrika - brianvds@yahoo.com







***MY STORY..............
SPIRITUAL JOURNEY
I am 40 years old. I arrived in Canada together with my life partner Lia in 1995. It was our first time away from parents, families, longtime friends, and everything familiar. We traveled all the way here to go in search of new beginnings and to make a life of our own, something we could not do back home. I have not come out to my family. Our involvement with the Metropolitan Community Church in Toronto began in 1998. Upon the invitation of friends, Lia and I thought it might be a good idea to try something new. Having been baptized and raised Roman Catholic, a tradition carried by our family for many generations, educated by Belgian nuns and Jesuit priests, plus my great grandfather being a Roman Catholic priest, it was deemed sacrilegious to step into another faith community.

Like many immigrant narratives, my life took its twists and turns. Everything seemed foreign to me - I left the Philippines at the top of my career. I tried to make my new home in Toronto feel like the home I grew up in - it seemed small and much too quiet in comparison. I attempted to make new friends hoping to fill the void created by those I have left behind - and for some reason, it made me feel all the more sad and lonely. I tried to feed my love for travel and adventure by discovering this new place I now call home - and yet from year one of my arrival, it seemed foreign, unwelcoming, unsettling, and devastating.

Deep in my heart, I felt it was a mistake to start life all over again here in Canada. Every day, I started to feel like a stranger - even to myself. Depression set in. The frigid cold numbed my pain and desolation, and made me go on, and on.

Gradually, my once bright and hopeful world turned gray and empty. My life felt meaningless and devoid of hope. I was just going from day to day, the spark in my heart that has fuelled my life - gone. Until one time, days before my 40th birthday, I had a serious bout of vertigo. Everything in my world spun around, literally and figuratively. I lost my grip on everything that I knew for sure. It was scary: I wanted to just fizzle out and die. That vertigo bout was my wake up call.

You know the saying, "When the student is ready the teacher will come?" It has come, to me. Through my depression, the one thing I kept constant was coming to church on Sundays - my stronghold. I am not quite certain when the turnaround point came for me - it could have been Reverent Brent's sermon which felt like he wrote it for me, The Power to Excel weekend, the soulful music that I love to hear the choir and soloists sing, The Lord's Prayer finally striking a chord in my heart, the energy of the persons I have met in my four years of rediscovering myself. It could be any of this, and all of this. And today is my chance to say how grateful I am for all of this, for being in a good place in my life right now, for a good job helping people who need help, for family and friends, for God, for life, for love, for strength as I continue my spiritual journey. And with that, I wish you all the best as you continue your own journey, beginning with where you are today.
(From: "Finding my heart song at 40 - the spiritual journey of Eileen Grace Dalusong" - October 20, 2002 - MCCT). * Metropolitan Community Church Toronto's phone number is: (416) 406-6228 / info@mcctoronto.com).


Afrikaanse en Engelse materiaal van oraloor word op Lekkerbek/Smooth Talker gebruik. Die feit dat 'n skryfstuk/skakel hier gepubliseer word, beteken nie dat die redakteur/saamstellers die standpunte ondersteun wat gepubliseer word op Lekkerbek/Smooth Talker of die bladsye waarheen die skakel lei nie. Please note that this website is provided "as is" and should be accessed and used by you at your own risk. Although reasonable efforts are used to ensure that the website will be current and will contain no errors or inaccuracies, no representations, warranties, guarantees or conditions (whether express or implied) are given as to the operation of this website or that this website and the information, content or materials included in this website will be error free or completely accurate or current at all times, or at any time. SMOOTH TALKER/LEKKERBEK 2002. ONDERSOEK

Volgens Statistiek Kanada vul mense met stewige kwalifikasies die hoogs betaalde beroepe in Kanada. In 'n ondersoek is bevind dat elke addisionele jaar van studie na skoolvlak, 'n individu se jaarlikese verdienste met 8.3% opstoot. Dit kom neer op 2490 Dollar ( sowat R17 000) per jaar. Die ondersoek is gebaseer op 'n jaarlike gemiddelde salaries van 30 000 Dollar.






'N KOPPIE KOFFIE!


Die oplossing vir die groot pyniging van wasbehandeling vir daardie onooglike hare, is 'n koppie koffie! Navorsers by die Goldsmiths College in Londen het met 'n pyntoets in yskoue water bevind dat vroue baie minder pyn ervaar as hulle 250 mg kafeïen ingeneem het. Dit is gelykstaande aan die kafeïne inhoud van 'n dubbele espresso, het 'n sielkundige Dr Keogh, gesê. In sy ondersoek moes 25 mans en 25 vroue hul arms in yskoue water hou. Die mans kon dit heelwat langer as die vroue verduur - in teenstelling met die algemene aanname dat vroue 'n hoër pyndrempel as mans het. Volgens dr Keogh kon die vroue langer uithou nadat hulle die kafeïne ingeneem het.